5 June 2018
Tydens die jaarlikse Produksieveiling van PP Mong Trust is 13 Hereford bulle aangebied en 12 is verkoop teen 'n gemiddelde prys van R 39 083.00. Die gehalte van die aanbieding was uitstekend en het landswyd belangstelling gelok. Die hoogste prys behaal was R 70 000.
Die veiling is deur BKB Wes-Kaap aangebied.
Hartlik welkom aan al ons kliënte wat ons 24ste Produksieveiling gaan bywoon. U ondersteuning gedurende die afgelope 20 jaar word opreg waardeer. Ons sien uit om met u besigheid te doen!